Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is,
en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
--Paulus in Filipense 3:14

Dink 'n bietjie hieroor :
Om ons aan jou voor te stel sodat ons nie vreemdelinge vir mekaar bly nie.
My naam is Hettie.
Ons woon in Mokopane, nee Potgietersrus, in die Limpopo provinsie van Suid-Afrika. Baie van julle sal miskien nie weet waar Mokopane is nie, daarom gee ek sommer ons ou-bekende dorpsnaam.
Niemand leef op 'n eiland nie! Ook nie ons nie! Maak gerus van die geleentheid gebruik en stuur vir ons terugvoering op die geskriffies waarvan jy hou, of nie hou nie. Van my geboorte af leef ek al voluit al is ek blind.
Die sig waarmee ek gebore is, het geleidelik afgeneem totdat ek nou nie eers meer tussen lig en donker kan onderskei nie. (Hoop my innerlike sig het verbeter soos die fisiese afgeneem het.)
Ek leef ook saam met Charcot-Marie-Tooth (CMT). Dit is 'n siekte wat die sentrale senuweestelsel aantas en sekere spiere verswak.
Gaan kyk gerus by
ons Neurologiese Siektes hoekie waar meer daaroor vertel word.
My gesin bestaan uit my man, seun, 'n Labrador, twee worshonde en 'n seuntjie-hond wat lekker stout is. O ja, die papegaai sit buite onder die boom en gesels.
Kuier gerus op die webwerf rond en laat weet my of jy daarvan hou en iets daaruit geput het.
klik op fotos om te vergroot
My belangstellings is musiek, van lekker lig tot taamlik swaar klassiek. Lees is deel van my lewe; skryf, dit is nou ek wat baie graag skryf, veral oor gebeure in my eie lewe.
Reis, as mens dit nog kan bekostig, in Suid-Afrika
en miskien weer eendag Ierland en Skotland toe. My passie is vir mense en daarom is my hartsbegeerte om te kommunikeer en 'n verskil in ander mense se lewe te bring.
My hare is kort
my hare is grys,
O, hoe wens ek
dat ek dit vir my kan wys!
My voorkop met sy fronsplooitjies
altwee kante van my mond
loop daar twee slootjies
die vorm van my oë kan ek voel
die lagplooitjies
is vir ander se oë bedoel!
Die kurwes van my lyf
ken my hande goed
maar die spieël bly daaroor swyg
ook die harmonie
wat ek tussen my en my klere voel
maar hoe dit werklik lyk,
ook daaroor hou die spieël sy smoel!
Hierdie gedig sal geen prys wen,
Dit gaan oor die Ek wat ek ken
Die Ek wat vir my weggesteek is,
Die Ek wat jy ervaar
Die Ek waarna so baie mense staar
En ek wat al die Ekke aanvaar.
Die volgende artikels het oor my verskyn
Jy het Adobe Reader nodig om dit te lees. Laai Adobe gratis af hier :-
1) inspirasie :-
deur TANYA DE VENTE
Hettie sing haar lied (Artikel verskyn in Vrouekeur) - klik om te lees
2) WOMAN OF SUBSTANCE
Hettie Woehler – a woman who truly inspires! (Artikel verskyn in Weight Watchers Oct 2001) -
klik om te lees
Ek hoor baie graag van jou, kontak my hier